Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool

Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool is gesetel in die dorp Naboomspruit, ongeveer 150km van Pretoria af

Description

Boodskap van die Voorsitter van die Direksie van Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool: Die winde van verandering het in ons, om ons en deur ons gewaai, nie noodwendig sonder rede nie. Ons geslag staan weer by die kruispad van oorlewing, besluitneming, opoffering en verantwoordelikheid teenoor ons Hemelse Vader, ons kinders, ons Afrikaanse taal en alles om Afrikaner te wees. Gaan ons die Geskiedenis, net skryf met verlange en verwyt, óf gaan ons kan skryf van dankbaarheid vir die genade van bo en die klein deel wat ons vir ons nageslag gedoen het. “Die Skool”, “Ons Skool” is 'n groot voorreg, nie 'n reg nie. Mag ons as volk ewig dankbaar wees vir dié wat in die verlede bereid was om die sprong na vryheid en hoop ter wille van ander te maak. Dié geleentheid wat ons te beurt geval het, moet ons koester as een van die belangrikste ligpunte van môre. Ons moet poog om opregtheid, eerbied, samehorigheid, respek en trots tuis te bring by ons kinders. Ons kinders moet toegerus wees vir more - moet verstaan, respekteer en aanvaar dat daar ander volkere en tale is en dat ons hul ook hul plek gun. Mag ons as personeel, ouers, leerlinge en vriende van “ons skool” leer om by die nietighede en negatiewe verby te kyk en te fokus op dit wat positief is, te dryf dit wat ons s'n is om ons drome en ideale te verwesenlik. Dit sal meebring dat ons as volk moet saamstaan, dat elkeen sy bydae in watter vorm ook al sal maak, vertroue in onsself sal hê en die heel belangrikste - ons totale vertroue in die genade van God te plaas. Mag U ons lei - “ In U Lig! “ Stanford Cawood Die Skoolwapen Die middelpunt van die wapen is die Euphorbia boom (Latyns vir Naboom) wat simbolies is vir groei en standvastigheid. Twee skilde vorm die basis van die wapen: Die kleiner skild dui op die koestering van ons kinders. Die groter skild dui daarop dat ons kinders toegerus is vir die toekoms. Die raam van die kleiner skild is afwisselend wit en maroen. Die wit simboliseer reinheid en die maroen die aardse, wat sinspeel op die wisselwerking van emosies en die vermoë om tussen goed en kwaad te onderskei. Die blou agtergrond spreek van onbeperkte ruimte vir groei en is ‘n koningskleur vir Koningskinders. Die groen agtergrond dui op lewe, groei en oorvloed. Die blou en groen getuig van kalmte en rustigheid. Die geel strale stel die opkomende son voor vir ‘n opkomende geslag - ‘n nuwe begin! Die leuse is vanselfsprekend: In GOD se Lig, sien ons die Lig! Ontwerp deur: Inga Cawood, 2004

Contact Details

Minnie Jacobs
Tel: 014 7433137
Fax: 014 7433 137
Enquire now
View Rates
View Directions

Euphorbia Christelike Onafhanklike SkoolEuphorbia Christelike Onafhanklike SkoolEuphorbia Christelike Onafhanklike Skool

Euphorbia Christelike Onafhanklike SkoolEuphorbia Christelike Onafhanklike SkoolEuphorbia Christelike Onafhanklike Skool


Euphorbia Christelike Onafhanklike SkoolEuphorbia Christelike Onafhanklike Skool