Mabote RivierkampHoliday Chalet in Mokopane/Potgietersrus ficinityDescriptionMabote, Sotho for "small strong river", is situated in the Southern Ravine of the farm, Groothoek, approximately 64km west from the town Potgietersrus. Mabote opened in1998 and is run by the Peens family. The camp is magnificently situated along the river and overlooks a vast rock face. Other areas of interest around the camp are for instance the very popular and breathtaking walking trails to the spectacular waterfalls. Enquire about our accommodation by clicking on “River Camp" on the toolbar Main Camp have 3 one-bedroom huts, fully equipped kitchens, ablution facility sleeps up to 12 guests Koko Chalet Two en-suite bedrooms, fully equipped kitchen, fireplace,boma deck on the river - sleeps up to 6 guests Die Mabote Rivierkamp is sowat tien jaar gelede op die familieplaas van die Peens familie geopen en is gebou in 'n kloof en op die wal van die Klein Sterkrivier op die plaas. Die Kamp word omring deur majestieuse sandsteenkranse van die bekende Waterberge. Benewens die ongerepte natuurskoon, bied Mabote aan sy gaste ook 'n eiesoortige rustigheid - en die geleendheid om net te kom stil word in die natuur. . . . Gaste kan kies uit enige van die volgende verblyf - tipes vir hul eie gerief : Die Hoofkamp Die Hoofkamp bestaan tans uit drie eenslaapkamer-hutte, elk met vier beddens toegerus. Die kamp beskik verder oor twee ten-volle-toegeruste kombuise met 'n gas-yskas en gasbrander in elk. In die hoof-sit/eetkamer is 'n gesellige kaggel waar ook vleis gebraai kan word, of selfs 'n potjie in die winter aanmekaargeslaan kan word! Hoewel elke hut sy eie braaikraal het, beskik die hoof-braaikraal ook oor 'n gasbrander waar gaste byvoorbeeld ontbyt of middagete kan voorberei. 'n Tweede kaggel is in die sosiale area ingebou. Hierdie area spog ook met 'n gerieflike dak vanwaar gaste die natuurskoon kan geniet. Warmwater-storte, spoeltoilette en netjiese wasbakke sorg vir 'n prag-ablusie-gerief wat elke dag gediens word. Mabote verskaf beddegoed en badhanddoeke, maar gaste word versoek om asb hul eie swemhanddoeke saam te bring Die Koko Chalet : Die Koko Chalet leen hom uitstekend tot 'n romantiese wegbreek-naweek en is sowat 80 meter stroomop van die Hoofkamp geleë. Gesinne is egter net so welkom om van hierdie spesiale gerief gebruik te maak. Twee en-suite slaapkamers sorg vir genoeg slaapplek vir 6 persone. ( Hoofslaapkamer met dubbelbed, en tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n stapelbedjie )'n Ten - volle toegeruste kombuis met gas-ys/vrieskas en gasbrander sorg vir die nodige geriewe vir kosmaak en 'n gesellige kaggel beloof heerlike kuieraande. Die toegeruste braaikraal buite die chalet is perfek vir braaivleisaande. Beddegoed en badhanddoeke word ook in hierdie geval deur ons voorsien maar gaste word weereens versoek om asb hul eie swemhanddoeke saam te bring. Die Koko Chalet word daagliks gediens. Die Bergkamp Die Bergkamp is die ideale wegbreekplek vir kampeerders en 'n lushof vir natuurliefhebbers. Geen formele staanplekke is hier te bespeur nie ! Wat hierdie kamp van ander van sy soort onderskei, is egter die feit dat bome oopgesny is om woonwaens en tente te akkommodeer! Die ablusiegeriewe bied ondermeer twee warmwaterstorte en twee spoeltoilette. Geen beligting of hout word in die Bergkamp voorsien nie. 'n Ware paradys vir diegene wat werklik wil wegkom van die stadsgewoel en weer een wil word met die natuur ! Die Mabote Rivierkamp is 'n malariavrye gebied AttractionsWalking trails, swimming in river pool, fishing, bird watching
  
FacilitiesFully serviced daily
|