Die OlifantCaravan Park, Supermarket, Picnic spot on the Mineral Baths roadDescription| Supermark | Ons poog om in al jou behoeftes te voorsien vanaf brood en melk tot basiese kamp benodighede. Flits of gasbottel se sleutel vergeet? Ons kan help. Ons kan selfs help met 'n vergifnis geskenkie as die nood druk. |  | Slaghuis | Slaghuis kliente se herhaaldelike besoeke getuig van ons A-graad vleis wat met absolute sorg voorberei word t.o.v. smaak, kwaliteit en higiene. Ons boerewors bevat slegs beesvleis, beesvet en speserye. Daar word geen preserveer middels bygevoeg nie. 100% BOEREWORS. |  | Drankwinkel | Honderde maniere om jou dors te les teen kompeterende pryse. Alle bekende biere, whisky's ens. om enige geselligheid 'n nat keel te gee. Kom besoek ons gerus om jou "Verlorende-rugbyspan-verdriet" te behandel |  | Vulstasie | Tenvolle toegeruste vulstasie om te verseker jou motor kan jou na al die Limpopo wonders neem om jou asem opnuut wegslaan. |
Contact Details: Reservations Tel: 086 127 6237 Int. Tel: +27 51 924 0585 |   
  
Facilities Reg van toegang voorbehou. Geen geraas. Geen harde musiek word toegelaat nie. Geen troeteldiere. Geen hout mag in die veld opgetel word of van bome afgebreek word nie. Wild, voёls en diere mag nie gesteur word nie. Geen Rommel mag gestrooi word nie. Kinders wat die swembad gebruik moet dit onder volwasse-toesig doen – NEEM KENNIS DAT DAAR GEEN LEWENSREDDERS BY SWEMBAD IS NIE. Ouers bly te alle tye verantwoordelik vir hul kinders se gedrag en optrede in en om die swembadarea en in die ablusiegeriewe. Geen eet- of drinkgoed in die swembad nie. Gebruik water asb spaarsaamig. Laat die ablusiegeriewe in ‘n netjiese toestand nadat u dit gebruik het. Vandalisme sal nie geduld word nie. Alle stap- en fietsroetes word op eie risiko gebruik. Geen wildritte mag met u eie voertuig onderneem word nie. Geen plastiek grondseile by staanplekke. Moet asb nie die ape voer nie. Algehele stilte na 10h00. Kampeerders mag nie later as 10:00 am die woonwapark verlaat nie, 'n R100 boete sal gehef word daarna
 
|